
=====================================================================
Vir fliekvlooie, boekwurms, jappies en  (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Vir fliekvlooie, boekwurms, jappies en 

Afrikaanse TV was nog nooit so vars, vrolik en vol dinge nie, s Lani Lombard.

Die Afrikaanse kanaal op DStv, kykNET, het sedert sy ontstaan in November 1999 al meer as 70 nuwe plaaslike produksies die lig laat sien. 
Daar's iets vir elke fliekvlooi, boekwurm, jappie-sakeman, 4X4-rondritser, tegno-junkie, kunsliefhebber, musiekkenner en diep denker op die 
skedule van di op en wakker kanaal.

G'n wonder kykNET is een van die gewildste kanale op DStv nie. Volgens die jongste navorsingsresultate skakel 81% van die 
Afrikaanssprekende kykers met skottels elke dag by kykNET in. Maar nie net die Boere hou van kykNET nie! Altesame 18% van die 
Engelssprekende kykers besoek die kanaal gereeld.

Is daaruit af te lei dat jong, elite mense genteresseerd is in Afrikaans en televisieprogramme in Afrikaans? Alida Kotz, M-Net se 
hoofbestuurder van bemarking, antwoord s op di vraag: "As 'jong elite' beteken jy's jonk, berese en belese, dan't jy kykNET se kykers op 
'n haar beskryf. Selfs di wat verby die gevreesde veertig is, is steeds hups van gees.

"Dit is waar dat DStv-intekenare tradisioneel 35+ is, maar daar is wel 'n groot aantal kykers in die jonger ouderdomsgroep. Hou ook in 
gedagte dat 'n groot persentasie kykers van die 35+-groep ouers is. Dit beteken daar is horskoolkinders en studente in die huis wat 
saamkyk.

"Jong mense het 'n diep passie vir hul taal. Hul Afrikaans is dalk losser van lyf as die taal van twintig jaar gelede, maar die taal word 
met mening gepraat, gelees en gekyk. Dit verraai die groot aantal e-posse, briewe en fakse wat by ons opdaag."

Henritte de Villiers, die vervaardiger van Smelt, 'n musiekprogram wat spesifiek op die jonger mark gerig is, s die reaksie op di 
program is oorweldigend. "Ons het onlangs binne 15 minute n die program begin het, reeds meer as 200 oproepe ontvang vir 'n kompetisie 
waarin CD's van die groep Live weggegee is. Ons word ook weekliks oorval met versoeke om spesifieke musiekvideo's."

Nog 'n program wat heelwat terugvoer kry van jong, ingeligte Afrikaanssprekende kykers is Kliek, die enigste IT-joernaalprogram op Suid-
Afrikaanse televisie. Die skrywers van di e-posse weet wat in die wreld aangaan en noem gereeld dat hulle bly is dat daar so 'n 
byderwetse program in hul eie taal is.

'n Ander groot treffer onder die jong klomp is Kniediep, 'n stuitige program waarin die aanbieder, Francois Toerien, kamma hof hou, en 
waarin tieners die geleentheid kry om almal aan te kla wat hulle die hoenders in maak.

Pas het nog 'n paar blinknuwe programme op kykNET begin wat beloof om groot trekpleisters vir kykers van alle onderdomme te wees. Onder die 
nuwes is:

* Skotteljons  In di prettige nuwe vermaaklikheidsprogram kry bekende sterre en komediante 'n kans om die gehoor op komiese sketse te 
trakteer. Onder die bekendes wat kykers gaan laat skater, is Natanil, Elzab Zietsman, Patrick Mynhardt, Amanda Strydom, Cutt Glass en 
Andrew Buckland. Henritta Gryffenberg is die aanbieder, en die grapjas Casper de Vries lewer ook in elke program 'n kort bydrae waarin hy 
die draak steek met die lewe in Afrika. Skotteljons het pas begin (Saterdae 19:00).
* Langpad is 'n reeks van ses dokumentre musiekprogramme. Verskeie musiektradisies eie aan Suid-Afrika word bekyk  van die smartsangers 
tot Maleiermusiek en die penniefluitjie-kwla (Dinsdae om 19:00).
* Kyk-innie-Pot is 'n reeks programme waarin die bobaaskok Lochner de Kock in die buiteland rondrits en kyk hoe Suid-Afrikaners in die 
vreemde aanpas, en wat in hul kospotte prut (Maandae om 19:00).


Een van die pluspunte van kykNET is dat elke smaak 'n tuiste kan vind. Tot nou toe kon die natuurliefhebber ontspan met reekse soos In die 
Voetspore van die Grotes en 'n Ontmoeting met Tyd. Die kunste word behandel in Kunskafee en Ouverture; aktuele sake in Maritta Praat 
Prontuit en 20HONDERD; en die jongste rolprente en boeke in Lizzie se Lipstiekflieks en Boeksusters.

Dan is daar ook die gereelde joernaalprogram Kwla, wat fokus op die ryk tapisserie van mense in ons land; die musiekprogramme Draadloos, 
Smelt en DKNT, die vrolike speletjiesprogram Liriekeraai, die tydskrifprogram Voorblad; en die gewilde reeks Ja-Nee, waarin kenners raad 
gee oor verskeie onderwerpe. Die temas, besprekingspunte en gaste in die programme spreek tot 'n verskeidenheid mense.

KykNET spog met 'n groep jong, sprankelende aanbieders. As jy nog wonder of jong mense regtig na kykNET kyk, stap net saam met Henr 
Pretorius die straat af en spits jou ore. Jy gaan baie vinnig 'n gefluister hoor, iets soos "dis mos daai sexy ou van kykNET!". Lani 
Lombard is uitvoerende publisiteitshoof van kykNET.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7415.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

